Vianté Rossouw

Vianté Rossouw Vianté Rossouw Vianté Rossouw

Ouderdom

18

Tuisdorp

Stellenbosch

Skool en dorp/stad van skool

Hoërmeisieskool Bloemhof Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Moeilike situasies is seisoenaal, maar ‘n vrou sal altyd weer blom.Ek onthou ‘n ding wat my ma vir my gesê het in Graad 8: “Blom waar die Here jou geplant het.” Ek het dit nooit regtig verstaan nie. Ek was deur baie moeilike emosionele struikelblokke gedurende my skooljare, veral waar ek minderwaardig gevoel het as ‘n vrou. Ek onthou ek was gesê eenkeer voor skool “dis moeilik om jou lief te hê”, ek was gemanipuleer en dit het ongelooflik baie ondersteuning van sterk vroue in my lewe gevat, om my te laat blom waar ek geplant was. Ek wou ‘n vloeiende blomme rok hê want soos ’n blom wat stadig oopgaan, groei ons deur elke ervaring, uitdaging en nuwe hoofstukke.Die rok beeld uit dat elke vrou op haar eie manier kan blom, en haar eie drome kan volg. My ma is ook deel van hierdie betekenis. ’n Vrou wat my inspireer en my geleer het om in myself te glo.Ek wou ’n rok gehad het wat my hele Bloemhof Meisies Hoërskool loopbaan opsom. Iets vrouliks, vrolik, kleurvol…maar stylvol. ’n Jong meisie as bloeisel wat oor die jare blom in ‘n jong dame met omgee, werksetiek, afgerondheid, respek, en integriteit. Ek hou van iets anders, iets unieks, maar ook iets wat vloei, sag is en sal dans in die wind. Iets wat my sal laat mooi voel en iets wat my figuur sal komplimenteer. Die rok was nie net ’n weerspieëling van my persoonlikheid nie, maar ‘n opsomming van my tienerlewe.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media