Simoné de Klerk
Ouderdom
18
Tuisdorp
Fochville
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Fochville - Fochville
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om ’n rok te hê wat my persoonlikheid weerspieël. Ek wou iets vrolik, uniek en opvallend hê wat my laat voel soos myself, eerder as om net ’n tradisionele matriekafskeidrok te kies. Die helder geel kleur het dadelik vir my uitgestaan omdat dit die energie en lewenslustigheid wat ek met myself assosieer, vasvang. Die mense in my lewe weet ek is verseker iemand met ’n babbelende persoonlikheid.
