Bianke Stemmet
Ouderdom
18
Tuisdorp
Senekal
Skool en dorp/stad van skool
Bethlehem Voortrekker Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is soveel meer as net ’n rok , dit is ’n weerspieëling van wie ek is: uniek, anders en vol betekenis.
Die swart verteenwoordig die donker tye en uitdagings wat my gevorm het, terwyl die wit die lig, hoop en krag aan die einde van die tonnel simboliseer.
Die pêrels is vir my die mees spesiale deel. My oorlede ouma was baie lief vir haar pêrels, en deur dit op my rok te dra, voel dit asof ’n stukkie van haar saam met my is. Al kan sy nie hierdie spesiale dag saam met my beleef nie, dra ek haar herinnering met my, met elke tree wat ek gee.
My rok vertel dus my storie ,van waar ek vandaan kom, wat ek deurgegaan het en die mense wat vir altyd ’n deel van my hart sal wees.
