Cara van Schalkwyk
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok het eintlik baie eenvoudig begin: ek wou iets kies wat regtig soos ek voel. Ek is iemand wat daarvan hou om anders te wees, my eie ding te doen en nie net in te pas by wat almal anders doen nie. Ek is baie ekstrovert, hou daarvan om te lag en te praat, en ek het ’n groot liefde vir die natuur en diere.
Ek is ook absoluut mal oor luiperdpatroon en dra dit gereeld, so dit het vir my natuurlik gevoel om dit deel van my matriekafskeidrok te maak. Ek het nie ’n rok gesoek net omdat dit op daardie oomblik gewild was nie – ek wou hê dit moes iets wees wat my persoonlikheid weerspieël. Die luiperdpatroon het vir my daardie bietjie wildheid, selfvertroue en uniekheid gegee waarna ek gesoek het. Ek wou hê wanneer ek die rok aantrek, moet ek dadelik voel: dit is só ek.
