CHLOE SCHMIDT
Ouderdom
18
Tuisdorp
KAAPSTAD
Skool en dorp/stad van skool
HOERSKOOL JAN VAN RIEBEECK - KAAPSTAD
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Dit was ek – anders as almal anders. Ek was die enigste een wat so ’n rok aangehad het, en dit het beslis gemaak dat ek die "talk of the town" was!
Maar dit is presies wat ek wou hê. Ek wou uitstaan, anders wees en, die belangrikste van alles, net myself wees. Ek wou nie soos almal anders lyk of probeer inpas nie. Ek wou iets kies wat my persoonlikheid weerspieël en waarin ek gemaklik en selfversekerd voel.
Soms is dit lekker om anders te wees, om ’n bietjie aandag te trek en om nie bang te wees om jouself uit te druk nie. Dit was my oomblik, my styl en my manier om net myself te wees.
