Jenique Olieslager
Langenhoven Gimnasium
Tuisdorp
Oudtshoorn
Skool
Langenhoven Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my eie matriekafskeid rok ontwerp en Rene Couture het dit gemaak en my visie na lewe gebring.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Marilyn Monroe was vir my n groot inspirasie.My doel was om dit meer modern te maak maar dit steeds elegant en oorspronklik te hou.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok beteken vir my verskriklik baie omdat ek my idee en ontwerp binne 10minute kon gepen het,en die feit dat my ontwerper dit presies soos my skets kon doen was vir my n spesiaal.Dit beteken ook vir my baie want dit motiveer my om voort te gaan met my jare lange droom van n ontwerper word.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt vir my was die reaksies van my geliefdes toe hulle my vir die eerste keer sien in my matriekafkskeidrok,omdat hulle geweet het dat ek dit self ontwerp het;en die feit dat ek die trots in hulle oë kon sien.
Planne vir na matriek
Ek wil baie graag regte gaan studeer en mode ontwerp in my vrye tyd te doen.
Gunsteling woord in Afrikaans
flaterwater
Datum van matriekafskeid
2025-08-30