Dané Scholtz

Hoërskool Klerksdorp

Tuisdorp

KLERKSDORP

Skool

Hoërskool Klerksdorp

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is deur my tannie gemaak. Ek het al van graad 5 grappies gemaak en gesê sy gaan my matriekafskeidrok maak. Dit is wel voordat sy self geweet het watter liefde sy het om met lap te werk.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het al van graad 5 af fotos bymekaar gemaak van n tipiese Belle-prinses rok, ń geel wye rok. Soos ek ouer geword het, het ek ń Emerald groen ontwikkel en my eie unieke styl gevind. Die inspirasie agter my rok se moue was dat ek bietjie anders wou wees en nogsteeds soos n prinses voel en lyk. Die idee was dat die rok se bostuk en die agterkant moes 'shine' en het die rok uniek gemaak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is n klomp 'memories' aanmekaar gestik en nie net een stuk lap nie. As ek my matriekafskeidrok in my kas sien hang onthou ek hoe my tannie tot vroeë oggend ure sit en ek haar geselskap hou terwyl sy dit vaswerk, lostrek en herhaal. Ek onthou al die gelag en grappies om my rok aan te trek: my metgesel se ma wat bo-op die bed staan om die rok oor my kop te kry terwyl my ma spook om te keer dat my hare aan die rok vashak. My rok is nie net 'memories' van my verlede maar ń inleiding van my nuwe begin.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Waar begin ek? Een van die hoogtepunte was om soos n prinses te voel en na jare se afwagting te weet 'hier is dit nou'. Om die wonderlike aand met my vriendinne te deel en te sien hoe die rokke hul persoonlikhede uitbeeld. En natuurlik hoe ons tot heel laaste kon kuier, laf wees en lewenslange herinneringe kon maak.

Planne vir na matriek

Vandat ek kan onthou wou ek nog altyd n verpleegster word. My planne is om DV na matriek by NWU verpleegkunde te gaan studeer en my drome n werklikheid te maak. My passie is om mense se nood te verlig en n verskil te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Ongepoets

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media