caitlin bellingan
hoërskool Df malan
Tuisdorp
wes kaap
Skool
hoërskool Df malan
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok by Oddity gekoop in Nelspruit.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het my rok gekies om my gevoel van uniekheid te simboliseer. Soos die blare van ’n boom wat oopvou na die son, wil ek my eie pad en potensiaal voluit leef.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is geïnspireer deur die natuur en drome vir die toekoms.
My groen rok, vol blare, herinner my aan bome wat elke seisoen nuut begin. Soos Jesus my hand gehou het en my geleer het om te groei, het ek van ’n graad 8-leerling tot matrikulant gegroei. Elke fase van my lewe is soos ’n seisoen — afsluiting en voorbereiding vir ’n nuwe begin.
Hierdie rok staan vir hoop, nuwe beginne en herinner my daaraan dat elke einde die kans bied vir ’n splinternuwe hoofstuk. Ek het elegant, uniek en vol selfvertroue gevoel — presies soos God ons almal in Sy beeld geskep het.
Ek voel dus ook dat die rok elke seisoen van die jaar simboliseer: herfs, winter, somer en lente. Soos blare in die herfs val, so groei nuwe blare in die lente. Dit beteken dat maak nie saak waardeur 'n persoon gaan nie, maak nie saak hoeveel keer 'n persoon val nie, op die ou einde gebeur alles vir 'n rede , en jy as 'n persoon groei in 'n ongelooflike sterk persoon, asof jy weer gebore is ,net soos wat blare weer her gebore is in lengte. Ek het dit eers in my matriekjaar besef, en ek het gedink die rok pas perfek by my nadat ek geweet het ek het in 'n sterk mens in gegroei.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die ware hoogtepunt van die matriekafskeid was die oomblik toe ek al my vriendinne bymekaar gesien het, elkeen stralend in hul pragtige rokke. In daardie oomblik het die jare van saam lag, huil en droom gekristalliseer in 'n gevoel van onbreekbare verbintenis.Maar op dieselfde oomblik het ń gevoel van ongelukkigheid my getref want,ek het eientlik besef al daardie jare se lag en geselskappe saam in die skool gaan ek baie mis.Almal sê altyd na skool gaan die lewe lekker wees maar om eerlik te wees ek gaan almal mis want na skool volg almal hulle eie paaie en jy as mens bou weer jouself van die grond af op.
Toe ek al my vriendinne gesien het was hulle almal so vol vreugde en selfvertroue in hulle rokke.En dis toe ek besef het ń matriekafskeidrok is nie net ń rok nie elke persoon in daardie saal met hulle matriekafskeid rokke aan het ń storie ,elke matriekafskeidrok vertel 'n storie,Dit is 'n verhaal van drome en inspirasies, van ure se soektogte en aanpassings, van die opwinding en senuweeagtigheid wat met die groot aand gepaard gaan. Die rok is 'n simbool van groei en transformasie, 'n tasbare herinnering aan die reis wat 'n jong vrou tot op hierdie punt gebring het. Dit is 'n manier om haarself aan die wêreld te wys, en 'n viering van die persoon wat sy geword het na 12 jaar.
Om almal te gesien het met hulle rokke aan dit het regtig vreugde in my hart gebring want,ek het geweet hulle het hulle grootste bekommernis oorwin die rekord eksamen en ek was baie trots op elkeen van hulle.En ek wil vir elke matriek leerder daar buite sê well done you did it!
Planne vir na matriek
Ek wil baie graag ń "beautician"word want,ek wil vir mense selfvertroue eendag gee en ek wil hê hulle moet op hulle beste voel as hulle in die spieël kyk sonder die gewete dat hulle wens hulle het soos iemand anders gelyk.Ek wil 'n veilige ruimte skep waar mense kan ontspan, hulself kan wees en voel dat hulle waardeer word ek wil waarde in hulle lewe bring want,kuberafknouery is baie gewildig onder tieners as dit kom by tieners se voorkoms. Deur aandagtig te luister na hul behoeftes en wense, kan ek 'n persoonlike ervaring bied wat hul unieke skoonheid beklemtoon en hulle help om hulself met nuwe selfvertroue en vreugde te sien.
Gunsteling woord in Afrikaans
Thanks
Datum van matriekafskeid
2025-10-01