Kay-Leigh Le Kay

Swellendam Sekondere Skool

Tuisdorp

Swellendam

Skool

Swellendam Sekondere Skool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My Matriekafskeidrok is gekoop by Bride & Co in Canal Walk.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok dra wat sag, elegant en natuurlik mooi is, iets wat nie skree nie, maar steeds aandag trek deur sy styl en tekstuur.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My Matriekafskeidrok beteken vir my selfvertroue en groei. Dit verteenwoordig die jong dame wat ek is, en die sterk, volwasse vrou wat ek besig is om te word. Dit is n herinnering dat ek my plek in hierdie wereld begin inneem.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid sal wees die gevoel om uiteindelik te besef hoe ver ek gekom het en hoe trots ek op myself kan wees.

Planne vir na matriek

My plan na matriek is om verder te studeer. Ek wil n kwalifikasie verwerf sodat ek n loopbaan kan bou wat vir my trots en stabiliteit kan bring. Ek glo dat verdere opleiding vir my die deur na groter geleenthede kan oop maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sterk

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media