Amy Beetge
Hoërmeisieskool Bloemhof
Tuisdorp
Somerset Wes
Skool
Hoërmeisieskool Bloemhof
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Anri Ham Bridal in die Paarl
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het al van graad 10 af begin droom oor my matriekafskeidrok. Pinterest was my gunsteling plek — ek het ure daar deurgebring, foto’s van rokke, hare en grimering gestoor en stadigaan het my droomrok begin vorm aanneem. Ek wou iets hê wat stylvol maar tydloos is, iets wat regtig ek is — eenvoudig, elegant en effens dromerig. Elke prentjie wat ek gespaar het, was soos ’n stukkie van die groter prentjie wat ek in my kop gehad het. Teen die tyd dat ons met die maak van die rok begin het, het dit gevoel asof ek al jare lank hierdie oomblik beplan het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Tannie Anri het my droom in ’n werklikheid verander — presies soos ek dit altyd voorgestel het, net nog mooier. Ek onthou hoe ek soms tydens die pas wonder of dit regtig gaan uitwerk, maar elke keer het sy my herinner om te vertrou. Toe ek uiteindelik die voltooide rok aantrek, het ek besef dis nie net ’n kledingstuk nie, dis ’n simbool van geduld, geloof en visie. Die hele ervaring het my geleer dat al voel dit soms of dinge nie volgens plan verloop nie, as jy aanhou glo in wat jy sien en hard werk om dit te bereik, kom die prentjie op die ou end perfek bymekaar.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Sonder twyfel — om die aand saam met al my vriende deur te bring. Ons het gelag, gedans, foto’s geneem en herinneringe gedeel van 12 jaar se skool, harde werk en drome. Daar was iets besonders aan daardie laaste aand saam — ’n gevoel van afsluiting, maar ook van nuwe beginne. Dit was die perfekte manier om ons skooljare af te sluit: vol vreugde, styl en dankbaarheid.
Planne vir na matriek
Ek gaan binnehuisversier en -ontwerp studeer by Inscape in Stellenbosch — ek kan nie wag om my kreatiwiteit en liefde vir mooi ruimtes in te span nie.
Gunsteling woord in Afrikaans
Vreugde
Datum van matriekafskeid
2025-10-01