Greer Koenze

Worcester Gimnasuim

Tuisdorp

De Doorns

Skool

Worcester Gimnasuim

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is n weerspieling van Wie ek is… eenvoudig maar tydloos en elegant. Niks aan my rok is oordadig nie. Ontwerp en gemaak deur Ilse Roux Bridal Studio. Inspire, Create, Reflect.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My klasonderwyser in Graad 8 het my Prinsessie gedoop en die naam het vasgesteek. Ek wou soos n prinsessie lyk. My ontwerper het die gevoel van adelikheid goed vasgevang in die tydlose ontwerp. Die rooi kleur het die rok goed afgerond. Ek het nie net gevoel soos n prisessie nie, ek het ook gelyk soos een.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Rooi simboliseer liefde. Ek straal liefde uit. Maar dan ook rooi simboliseer ook bloedsweet. Twaalf jaar van hard werk en vasbyt.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my aand was toe ek besef my klein dogtertjie-droom het waar geword ek het soos ’n egte prinsessie gevoel, omring deur mense wat vir my lief is.

Planne vir na matriek

Ná matriek beplan ek om onderwys te studeer, want ek het nog altyd ’n passie gehad om met jongmense te werk en ’n positiewe verskil in hul lewens te maak. Ek glo dat opvoeding die sleutel is tot verandering, en ek wil graag ’n onderwyser wees wat inspireer, motiveer en hoop bring net soos die onderwysers wat my deur my skooljare gevorm het.

Gunsteling woord in Afrikaans

Positiwiteit

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media