Kaitlyn Scott
Hoërskool Transvalia
Tuisdorp
Vereeniging
Skool
Hoërskool Transvalia
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Designs by Marius
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie het van binne gekom. Ek het nooit regtig 'n vaste idee of spesifieke inspirasie gehad nie - ek wou net hê my rok moes iets wees wat my persoonlikheid sag en eerlik uitbeeld - jets wat "ek" is. My ontwerper het die rok geskets volgens die persoon wat ek is en dit wat ek uitstraal. Hy het dit met sorg en aanvoeling ontwerp om elegansie te kombineer met my eie uniekheid, en elke lyn en detail is geplaas om my natuurlike kenmerke subtiel te beklemtoon.
Die oomblik toe ek daardie rok aantrek, het iets in my verander. Dis asof dit my laat glo het in myself op 'n manier wat ek lanklaas gevoel het.
Ek het in die spieël gekyk en sonder twyfel geweet — hierdie is die een. Die rok het my storie vertel sonder dat ek 'n woord hoef te sê.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net 'n kledingstuk. Dit simboliseer groei, selfvertroue en die jong vrou wat ek geword het.
Elke detail - van die ontwerp tot die gevoel toe ek dit die eerste keer aantrek - herinner my daaraan dat ek genoeg is, net soos ek is. Die rok het my laat glo in myself, in my uniekheid en in die skoonheid daarvan om anders te wees. Dis asof dit nie net vir my gemaak is nie, maar saam met my geskep is - 'n deel van my storie, van my drome, en van die vertroue dat ek altyd met trots my eie pad kan stap. Dit herinner my ook aan God en die plan wat Hy vir my het; dat ek Hom kan vertrou in elke stap van my lewe en weet dat Hy my lei na die plekke waar ek behoort.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was dat dit 'n aand vol herinneringe was, waar ek saam my vriendinne wat soos familie geword het kon staan, sien hoe ons verskil maar tog perfek bymekaar pas, en die dag kon spandeer saam met die mense wat vir my kosbaar is. Meeste van alles kon ek saam my kêrel by die rooi tapyt afloop en die oomblik saam geniet - n herinnering wat vir altyd in my hart sal bly, en 'n persoon wat altyd 'n plek daarin sal hê.
Planne vir na matriek
My planne vir na matriek is om oorsee te gaan studeer in Forensic Investigative Psychology, Criminology en Criminal Profiling. Ek wil my eie voete vind, hard werk om ’n sukses van my lewe te maak en bly vertrou dat God ’n groter plan het vir my en my toekoms. Ek wil ook elke dag onvergeetlik maak, sodat ek eendag kan terugkyk op die mooiste tye van my lewe en vir my kinders van al my avonture kan vertel – van hoe ek hul pa, my man, ontmoet het terwyl ek nog op skool was, en hoe ons saam ’n pad geloop het om ons toekoms te bou.
Gunsteling woord in Afrikaans
Windloper
Datum van matriekafskeid
2025-10-02