Nikita Badenhorst

Hoërskool Hans Moore

Tuisdorp

Benoni

Skool

Hoërskool Hans Moore

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het dit aanlyn by Shein Gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die voorkoms van die rok het my dadelik aangetrek toe ek dit sien. Ek het veral van die korset, die krale en die paillette gehou, asook die kleur , 'n sagte pienk. Die manier waarop die rok aan die agterkant vloei met die skeur aan die regterkant het my bekoor. Dit was van die begin af ’n baie mooi rok waarop ek verlief geraak het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok beteken regtig baie vir my omdat dit daardie ‘wow’-faktor gehad het. Dit het my soos ’n prinses laat voel. Dit het my laat voel asof ek dit verdien om mooi te voel, want dit was glansryk, pragtig en het gestraal

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my aand was toe ons by die venue aangekom het en ek uitgestap het uit die helder pienk Audi R8 TT, nadat my metgesel die deur vir my oopgemaak het. Daarna het ons na die rooi tapyt beweeg waar ons ,ons groot ingang gemaak het.

Planne vir na matriek

Ek gaan ’n gapjaar neem en wil graag werk in verskillende industrieë ervaar, aangesien ek tans onseker is oor wat om te studeer. Ek wil myself beskikbaar stel en oop wees vir nuwe geleenthede.

Gunsteling woord in Afrikaans

Uitstekend

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media