Carlene Cordier
Hoërskool Swellendam
Tuisdorp
Buffeljagsrivier
Skool
Hoërskool Swellendam
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het baie plekke besoek en rokke aangepas, maar op 1 Augustus oppad na 'n dans kompetisie het ons by Pebbles Boutique in Mosselbaai 'n afspraak gemaak. Die oomblik toe ek die rok aangetrek het, het ek geweet hierdie rok is vir my gemaak en ek hoef gladnie verder te soek nie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My keuse vir 'n rok kleur was altyd groen omdat ek lief is vir die natuur en diere. Dit moes nie te blink en vol valle wees nie, want die natuur is nie vol allerhande "tierlantyntjies" nie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is ek, net in materiaal. Ek is nie meer die skool dogter nie, maar jong dame. Die bietjie blink op my rok en kant motief was net genoeg om my elegant en stylvol te laat voel. Die sagte vloei van die satyn romp het my heel dag laat voel ek sweef op wolke. En die styf passende gedeelte het my beste bates gevlei.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek was nog altyd lief vir vliegtuie en Heritage Aviation in Swellendam het dit vir my moontlik gemaak om my fotos by hulle te kon neem saam met hul vliegtuie . Die fotosessie saam met die 2 instrukteurs Arthur en Herman het ook gesorg vir baie snaakse oomblikke. Hulle het my baie belangrik en spesiaal laat voel en om saam met die vliegtuie te poseer was die hoogtepunt van my dag.
Planne vir na matriek
Ek wil graag 'n dans studio open, maar wil eers vir 'n jaar of 2 in Amerika gaan werk saam met my pa sodat ek dan my dans onderwys kwalifikasie kan doen deur Acrobatic Arts.
Gunsteling woord in Afrikaans
Papier vampier
Datum van matriekafskeid
2025-10-02