Jade Joseph
Hoërskool Upington
Tuisdorp
Upington
Skool
Hoërskool Upington
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Gekoop- Maritz Fashion-Bridal & Eveningwear
Ontwerp- Betty van der Walt- Ingeven
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die styl en voorskoms is geinspireer deur tydlose elegansie, natuurlike skoonheid en ń tikkie blomdroom. Die blom detail simboliseer hoe ek deur die seisoene van groei en verandering geblom het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dis ń viering van wie ek geword het en die mooi pad wat voorlê.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die fotosessie om die mooi van my rok vir ewig vas te vang.
Planne vir na matriek
Ek droom daarvan om die wêreld van bo te sien - om met ń glimlag mense te verwelkom, nuwe plekke te ontdek en om ander se reise bietjie ligter te maak. ń Lugwaardin met vlerke vol drome en ń hart vol avonture.
Gunsteling woord in Afrikaans
Hartsmens
Datum van matriekafskeid
2025-10-03