Inge Boshoff

Hoër Volkskool Heidelberg

Tuisdorp

Heidelberg

Skool

Hoër Volkskool Heidelberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Lizan van Lizan Zondagh Couture het my rok gemaak. Sy het ongelooflike talent wanneer dit kom by rokke ontwerp en maak, en dit was so lekker om hierdie proses saam met haar mee te maak. Sy is n regte droom-waarmaker. Dis asof sy my gedagtes kon lees. Sy het my met elke afspraak en passing so spesiaal laat voel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou net soos myself voel en lyk. Nie te vaal, nie te fênsie. Plat op die aarde "glam". Lizan en ek het ons idees saamgesit en by 'n eindproduk gearriveer waaroor ek absoluut mal was!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My ma het baie hard gewerk om my matriekafskeid vir my spesiaal te maak; en my rok-droom waar te maak. My rok beteken vir my dat jy enigiets in die lewe kan bereik wanneer jy hard werk daarvoor.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Definitief die fotosessie saam met my kêrel, dit was so spesiaal. Ons altwee uitgevat in ons mooi-moois. Dit was ook baie lekker toe al die meisies ons rokke vir mekaar kon wys wat ons vir so lank 'n verassing gehou het. Die "big reveal" was die wag werd.

Planne vir na matriek

Ek gaan n BHSc graad in Chiropraktisyn by die Universiteit van Johannesburg studeer. Ek kan nie wag nie!

Gunsteling woord in Afrikaans

Pikkewyn

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media