Zoë Fuller

Helpmekaar College

Tuisdorp

Boksburg

Skool

Helpmekaar College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Catharina Elizabeth Design

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My persoonlikheid het my rok geïnspireer. Ek het nog altyd geweet ek wil n pink rok hê. Eenvoudig maar tog onsagwekkend. Die styl van my rok het min mense van my verwag en dit was presies my inspirasie, die pof moue en die oop hals was iets anders wat min al gedoen het. Die kleur het mense egter verwag omdat ek in ons vriende groep bekend is as “Barbie van Boksburg”.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dat drome en wense al van jongs af daar is, maar soos mens ouer word verander die uitkoms maar noot die droom nie. Dit beeld vir my uit dat alle goeie dinge tyd vat en dat hoop en bid jou vêr sal bring in die lewe. Die ontwerp van my rok het lank gevat en partydae het dit gevoel asof ek n fout maak die ervaring het net weereens aan my bewys dat mens deur slegte tye moet gaan vir n goeie uitkoms en dat alles uitwerk soos dit moet al voel dit nie so in die oomblik nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele matriekafskeid was werklik vir my net bittersoet,dit het die sprokie waaroor ek al van graad 1 af oor droom presies vasgevang. Een van my gunsteling ervarings was toe ons as matriek groep saam die begin en einde van n hoofstuk vier, waar almal nou op hul eie pad gaan met hul nuwe avontuur en waar ons die journey as graad saam afsluit. My ander hoogtepunt was die oomblik toe die graad die nagereg wat ek en n vriendin die vorige aand gebak het geniet het, in die oomblik het ek besef “we have made it”

Planne vir na matriek

Ek hoop om Aktuariële Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch te swot, met die droom nagraads Ekonomie te studeer met die opkoms van AI daarin.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sprankelende

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media