Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Spookasem
What was your inspiration for your matric prom dress?
In 2017, toe ek nog op laerskool was, het ek op geel verlief geraak. Dit was nadat ek 'n mooi geel collage op 'n student se boekvoorblad in my ma se kantoor gesien het. My eerste geel item was die agtergrond van my tablet se skerm, daarna het ek geel klere begin dra en toe het ek my Instagram-blad se kleurskema ook geel gemaak. Almal het my gewaarsku dat dit net 'n "fase" gaan wees. Agt jaar later is ek steeds in my "fase". My lewe is geel. My kas is vol geel rokke, skoene, broeke, T-hempies, sokkies. Ek dra elke dag geel - al is dit net 'n geel handsak. Later het ek bottergeel ontdek. Dit was omtrent in 2023. Ek het toe al geweet my matriekafskeidrok moes groot en bottergeel wees. Ek wou soos 'n prinses lyk en voel. Ons het 'n hele dag rondgery - van die Vaaldriehoek tot Pretoria en uiteindelik Krugersdorp toe - net om die regte kleur materiaal te kry ('n deel van my rok is van gordynmateriaal!) Dit was 'n avontuur.
Ek wou ook strikke as deel van my rok gehad het. Ek is 'n strikkiemeisie danksy my mamma wat altyd my boksterte en vlegseltjies met lintstrikke versier het. My matriekafskeidrok het daarom 'n massiewe rokstrik gehad, daar was strikke op my geel hakskoene en strikkies op my geel naels.
What was your favorite part of your matric prom dress?
By my matriekafskeid was ek 'n prinses by 'n groot bal en met my rok kon ek sê: "Jy kan wees wie jy wil wees". Dit was lekker om by daardie punt uit te kom aan die einde van my skoolloopbaan.