Nicola de Bruyn

Hoërskool Die Wilgers

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Gogga

What was your inspiration for your matric prom dress?

Ek het rooi gekies omdat ek ’n kleur wou dra wat net so helder en lewend soos my siel voel. Rooi simboliseer warmte, selfvertroue en krag ... eienskappe wat ek graag op hierdie spesiale aand wou uitbeeld. Ek wou iets hê wat elegant en tydloos lyk, maar steeds eenvoudig genoeg is om my persoonlikheid op ’n rustige, eerlike manier te weerspieël. Die materiaal is doelbewus “flowy” gekies om beweging, vryheid en sagtheid voor te stel. Wanneer ek stap, moet dit voel asof die rok saam met my leef — lig, warm en vol gemak. Die ontwerp bly minimalisties, want vir my lê ware styl in eenvoud: skoon lyne, ’n helder kleur en materiaal wat sonder moeite vloei. Hierdie rok verteenwoordig wie ek is: warm, elegant, lewendig en opreg.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Hierdie rok is vir my baie meer as net 'n uitrusting vir ’n spesiale aand. Dit wys vir my hoe vêr ek gekom het. Vir baie jare het ek myself terug gehou, my gevoelens onderdruk en te bang gevoel om regtig selfvertroue te hê. Ek het altyd probeer wegkruip en minder van myself wys. Maar toe ek hierdie rok aantrek, het iets in my verander. Dit voel asof dit die “chains” gebreuk het wat ek so lank gedra het. Die rooi kleur het my moed gegee en my laat voel dat ek goed genoeg is, dat ek mag uitstaan sonder om bang te wees. Vir my beteken hierdie rok nuwe selfvertroue, groei, en die gevoel dat ek uiteindelik nie meer hoef terug te hou nie.

Date of matric farewell?

2025-10-09

Like what you see?

Share on Social Media