Mia van der Merwe

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Rats

What was your inspiration for your matric prom dress?

Vir my was die inspirasie die hele kreatiewe proses. Vandat mens ‘n klein dogtertjie is, begin jy al droom oor hoe jou matriekafskeidrok eendag gaan lyk. Vir jare maak jy idees en foto's bymekaar, droom oor daardie groot aand en oor hoe jy wil lyk. My inspirasie het gekom van die klassieke “Oscar”-gevoel: elegant, stylvol en met ’n bietjie durf. Ek wou iets hê wat tydloos mooi is, maar steeds aandag trek, om soos ‘n ster op die rooi-tapyt te voel. Die besondere materiaal van my rok, laat die kleur verander, afhangend van hoe die lig val – amper soos die sterre self wat saamspeel met my rok. Dit was daardie klein bietjie glans en uniekheid wat dit vir my besonders gemaak het.

What was your favorite part of your matric prom dress?

My rok was vir my ‘n manier om myself te kon uitdruk en is ‘n weerspieëling van my persoonlikheid en styl. Dit simboliseer vir my selfvertroue, groei en trots, maar ook diepe dankbaarheid. My rok herinner my aan al die mense en oomblikke wat my tot hier gebring het en aan die voorreg om só ’n spesiale aand te kon beleef. Dit beteken vir my die afsluit van ‘n skoolloopbaan vol mooi herinneringe en die begin van ‘n nuwe seisoen as ‘n jong dame wat haar drome begin uitleef.

Date of matric farewell?

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media