Christi Calitz
Hoërskool Stoffberg
Tuisdorp
Brakpan
Skool
Hoërskool Stoffberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my matriekafskeidrok aanlyn gekoop, maar ek en my ma het ons persoonlike kunstenaarskap aan die rok toegedien. My rok se onderlaag is uit satyn, met twee lae net wat oormekaar is. Die boonste gedeelte van my rok is vir my asemrowend; ñ korset wat uit sagte materiaal bestaan, met ñ boomkroon-patroon wat uit "sequence" is. Die boomkroon-patroon word oor die hele rok uitversprei. Daar is ook blommetjies oral op die patroon geplaas. Daar is ook ñ kant gedeelte oor my skouers waarop hierdie kunswerk ook verskyn. My mamma het vir my ekstra diamant knopies op my rok opgewerk om dit net daai ekstra glinster te gee. My ma het ook gehekelde kant skouerbandjies met pêrels op vir my aangewerk; sy het ook my rok verkort voor, sodat ek my besonderse mooi pêrel skoene kan wys.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was die film Mamma Mia. Mamma Mia gee vir my die gevoel van lig, vrede, opgewondenheid, vol lewe, vry. Vir my straal my rok Mamma Mia gees uit, die vloeiende materiale val elegant oor my liggaam, met sagte blomme en ñ glinster wat in die son dans. My rok bring die warmte van ñ Griekse eiland na vore, met ñ "retro 70's flair" en ñ vonkel van speelsheid. My rok is nie net vir my mooi nie, maar dit vertel ñ verhaal, ñ storie van ñ meisie wat op die drumpel van haar toekoms staan, vry, lewendig en gereed om haar eie lied te sing. Vir my is my rok Mamma Mia in rokvorm, helder soos die see, sag soos somersblomme en magies soos daardie een spesiale aand onder die sterre.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidsrok is ñ 12 jaar lange droom wat ñ realiteit geword het en dit is ook om my 12 jaar van skoolgaan te vier.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt vir my was om my sprokiesrok te kan dra, om saam met my kêrel te dans en om my hare gedoen te kry, dit was ñ besonderse gevoel om te sien hoe my hare gaan uitdraai.
Planne vir na matriek
Ek gaan na skool studeer, ek is alreeds by my universiteit ingeskryf om Onderwys te studeer en daarna gaan ek my Sielkunde graad doen.
Gunsteling woord in Afrikaans
Vergenoegd
Datum van matriekafskeid
2025-10-16