Zelke van Zyl
Hoërskool Witteberg
Tuisdorp
Bethlehem
Skool
Hoërskool Witteberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok is deur myself ontwerp en gemaak deur Gale May, 'n plaaslike ontwerper en naaldwerkster
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou 'n voel soos 'n meisie in 'n feëverhaal. My rok moes uniek wees, geen ander meisie moes soos ek gelyk het nie. Ek is mal oor die gevoel van blomme en bos en plaas, die rok laat my voel soos 'n prinses in 'n woud.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit weerspieël my grootword jare, sorgvry op die plaas in die natuur. Dit herinner my aan die mooi daar buite en dat elke meisie soos 'n feëprinses kan voel.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die oomblik toe ek my rok aantrek en al my familie en vriende finaal kon wys hoe dit uitgekom het.
Planne vir na matriek
Ek wil graag onderwys by die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer en spesialiseer in remediërende onderrig.
Gunsteling woord in Afrikaans
Boeretroos
Datum van matriekafskeid
2025-10-03