Ilinke Klopper

Hoërskool Dr Malan

Tuisdorp

Meyerton

Skool

Hoërskool Dr Malan

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur die wonderlike Veronica Moolman. Sy het my visie presies vasgevang en my verbeelding laat realiseer.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was die rustigheid en misterie van ’n woud. Die diep emeraldgroen kleur beklemtoon my groen oë, terwyl die sagte, tak-agtige detail my herinner aan groei, elegansie en die natuurlike skoonheid wat ek in myself wou uitstraal. My rok simboliseer ’n nuwe begin – vol lewe, vol lig en vol selfvertroue.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok verteenwoordig vir my baie meer as net ’n spesiale aand. Die emeraldgroen kleur en natuurlike tak-detail simboliseer die groei wat ek oor die jare ervaar het – hoe ek gewortel gebly het, maar steeds my eie rigting begin vind. Wanneer ek in hierdie rok staan, voel ek sterk, elegant en rustig… soos ’n weergawe van myself wat gereed is om ’n nuwe seisoen vol selfvertroue binne te stap. Dit is vir my ’n herinnering dat ek moes groei om hier te kom, en dat ek nou blom op my eie unieke manier.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My gunsteling deel van my matriekafskeid was die hele ervaring – van die rit tot die laaste happie nagereg. Ons het aangekom in ’n BMW 740d waarvan die deure self oopgaan. Dit het gevoel asof ek in ń James Bond movie is. Die geselligheid saam met my vriende was ongelooflik; dit was ’n aand vol lag, stories en herinneringe wat ek vir altyd gaan koester. En omdat ek ’n regte foodie is, was die kos natuurlik ’n hoogtepunt – veral die nagereg. Die rolled ice cream was só uniek en heerlik, dit het die aand vir my perfek afgerond.

Planne vir na matriek

Na matriek sien ek ongelooflik uit na my volgende hoofstuk. Ek gaan vanaf 2026 Forensic Accounting in Potchefstroom studeer, iets waarvoor ek regtig passievol is omdat ek daarvan hou om detail te ontleed en oplossings te vind. Ek gaan ook deel word van Wanda dameskoshuis, en ek kan nie wag om nuwe vriende te maak en deel te word van ’n huis met soveel gees en tradisie nie. Hierdie nuwe fase voel soos ’n opwindende kombinasie van groei, geleenthede en ’n vars begin.

Gunsteling woord in Afrikaans

babbelbekkie

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Like what you see?

Share on Social Media