Miancke Botha

Hoërskool Eldoraigne

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoërskool Eldoraigne

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp en gemaak deur Von Ami Couture, Olympus AH wat die meesterstuk opgetower het nadat ek vir hulle my idees en kleur deurgegee het. My fairytale skepping in my kop het met die hulp van Monique by Von Ami n werklikheid geword.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was Jong Meisie Drome...elke jong meisie droom vir jare oor twee van die belangrikste rokke in haar lewe..haar Trourok en haar Matriek Afskeid Rok. En uiteindelik was dit my tyd om my droom matriek afskeidrok te laat skep en te dra vir dai een wonderlike dag in my lewe met my matriekafskeid. My jong meisie droom was dai dag bewaarheid.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken dat drome in waarheid kan verander.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die oomblik toe die hare en grimmering gedoen is en ek kon daardie rok aantrek en besef my droom het uiteindelik waar geword. Die uitdrukking op my familie en vriende se gesigte toe ek uitgestap kom was prysloos! Ek kon vir een hele dag soos n prinses voel.

Planne vir na matriek

Ek gaan n gap jaar vat en vir my broer in Nederland gaan kuier tot ek besluit het wat ek regtig met my lewe wil doen. Ek is nog jonk en my hele lewe lê voor...ek het so baie om na uit te sien. God sal my lei.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lekker Man

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media