Cara Cilliers

Hoërskool Witteberg

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Droom

What was your inspiration for your matric prom dress?

Almal wat my ken, weet — as daar ’n dans of bal is, gaan ek nooit halfpad nie. Soos hulle sê: gaan groot of gaan huis toe! Ek het van die begin af geweet my matriekafskeid gaan iets besonders wees, en my rok moes dit weerspieël. Ek wou iets hê wat wys wie ek is — vol selfvertroue, elegant, uniek en natuurlik ’n bietjie van ’n glitter queen. Aanvanklik het ek gedink ek gaan ’n geel rok kies, maar toe ek by Leading Rose Boutique rokke aanpas, het my planne heeltemal verander. Ek het soveel rokke aangetrek dat ek amper moed opgegee het, totdat ek daardie rok aangetrek het. Op daardie oomblik het ek geweet — hierdie rok is vir my gemaak. Ek het hoendervleis gekry en gevoel soos ek nog nooit tevore gevoel het nie. My ma het dadelik gesê dis die een, en natuurlik — sy was reg! Die rok het met my “gepraat” op ’n manier wat moeilik is om in woorde te beskryf.

What was your favorite part of your matric prom dress?

My rok beteken vir my baie meer as net materiaal en glinster. Dit was ’n weerspieëling van wie ek is — iemand wat nie bang is om anders te wees nie. Niemand het verwag dat ek met turquoise en pers sou verskyn nie, maar dis juis wat dit spesiaal gemaak het. Dis kleure wat ek van kleintyd af liefhet, en dit het gevoel asof my kinderlike drome en my grootmens-self saam op die dansvloer was. Ek het daardie aand my rok gedra — nie die rok my nie — en dis presies wat dit so besonders gemaak het.

Date of matric farewell?

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media