Una-belle van Wyk

Hoër Meisieskool Paarl

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Kokkerot

What was your inspiration for your matric prom dress?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok het eintlik spontaan gebeur. Ek het glad nie beplan om ’n geel rok te dra nie en dit was nooit deel van my oorspronklike idee nie. Maar toe ek daardie lap sien, het iets net geklik. Die kleur, die tekstuur, die energie daarvan. Ek het geweet dis spesiaal, en daar was toevallig net genoeg materiaal oor vir een rok. Ek en my pa het saam met Devina begin speel met idees en patrone, dit was ’n proses vol kreatiwiteit, eksperimente en lag. Ons het gespeel met die snit van een van my ma se balrok. Ek wou iets uniek skep, iets wat nie net mooi lyk nie, maar ook ’n storie vertel en uitstaan. Om te keer dat dit nie net nóg n geel rok is nie, het ek besluit om lang swart fluweelstrikke by te voeg. Hulle bring kontras, beweging en ’n bietjie drama in. n Rok het altyd n bietjie Coco Chanel nodig. iets wat vir my simbolies voel van balans: lig en donker, sag en sterk. Vir my is die rok nie net ’n kledingstuk nie, dit is ’n herinnering aan hoe mooi dinge gebeur wanneer jy oop is vir die onverwags, en wanneer mense wat jy liefhet saam met jou skep.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Vir my is die rok nie net ’n kledingstuk nie, dit is ’n herinnering aan hoe mooi dinge kan gebeur wanneer jy oop is vir die onverwags, en wanneer mense wat jy liefhet saam met jou skep. Elke stukkie van die rok dra die handewerk, liefde en tyd van my pa, my ma, van Devina, en van myself. Dit vertel ’n storie van kreatiwiteit, samewerking en die vreugde om iets uit niks te maak. Die kontras tussen die helder geel en die diep swart fluweelstrikke is vir my simbolies van balans: lig en donker, sag en sterk. Dit herinner my daaraan dat jy albei kante van jouself kan omhels, jou sagte, vreugdevolle kant én jou kragtige, vasberade een. Wanneer ek my rok dra, voel dit soos ’n viering van wie ek is en van alles wat my gevorm het , die mense, die drome en die klein toevallighede wat saam iets ongeloofliks geskep het.

Date of matric farewell?

2025-09-26

Like what you see?

Share on Social Media