Lana van Vuuren
Hoërskool Stoffberg
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Verlief
What was your inspiration for your matric prom dress?
As introvert het ek 'n rok gesoek wat my sagte, stil, sterk, elegante persoonlikheid weerspieël, maar as balletdanser moes dit ook beweging in hê as ek loop. Die kleur is dieselfde kleur as my oë en het sodoende nie net my oë nie maar ook my vel en hare beklemtoon. Die diamanté op die rok bring daai bietjie skitter, sonder om die rok te oorweldig en vertel ook die storie van diamante wat onder baie druk gevorm word om uiteindelik te skyn.
Grace Kelly het my ook geinspireer met haar skoonheid en romantiese styl in haar salie groen rok deur Edith Head wat sy by die 1955 Academy Awards aangehad het en ek was baie opgewonde om die ooreenkomste met my rok te sien.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Na jare van vorm weet ek presies wie ek is en wat my voorkeure is. My rok weerspieël dit ook, dat ek nie hoef te probeer om iets te wees, wat ek nie is nie. Ek hoef nie 'n "over the top" of ontblotende rok te hê om 'n indruk te maak nie. Ek kan stylvol en elegant wees en 'n stil kragtige indruk maak wat blywend sal wees.
Diamante staan vir krag, reinheid en deursettingsvemoë en dit kan ek net in God kry. Die salie groen beteken vrede, wysheid en groei en dit is presies waar ek nou is...gereed vir die toekoms!
Date of matric farewell?
2025-10-16