Nicole de Klerk

Hoërskool Randburg

Tuisdorp

Roodepoort

Skool

Hoërskool Randburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die lieflike Anicha van Klere & Co het my rok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Elegant, klassiek, tydloos, ‘n sagte satyn met ‘n glinstering hier en daar. My inspirasie kom nie net van “pinterest” af nie, maar eerder die konsep dat hierdie ontwerp vir altyd ‘n plek op die rooi tapyt sal hê, so sjiek soos Charlize Theron en so mooi soos Mia Le Roux.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Matriekafskeid simboliseer die einde van jou skoolloopbaan en ‘n nuwe bladsy van jou storie, daarom wou ek gehad my rok moes hierdie nuwe hoofstuk uitbeeld wat selfversekerd en volwasse is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was om saam met my metgesel te arriveer en ons oomblik op die rooitapyt sal ek vir altyd onthou.

Planne vir na matriek

My planne vir na matriek is om BCom Regte te gaan studeer by die Universiteit van Pretoria. Ek dink daaraan om te spesialiseer in Belasting Wette of Internasionale Handel.

Gunsteling woord in Afrikaans

Implikasie

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media