Rulindè Smit
Hoër Volkskool Heidelberg
Tuisdorp
Delmas
Skool
Hoër Volkskool Heidelberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het die besondse voorreg gehad dat my eie mamma my rok vir my kon ontwerp en maak. Sy maak per geleentheid rokke in haar vrye tyd en is dit 'n groot lekkerte om soveel talent tot my beskikking te kon hê. Die finale prentjie het my wildste verwagtinge oortref en was dit soveel meer as waaroor ek kon droom.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
'n Tydlose en elegante gemak. Dit was vir my baie belangrik dat my rok sagtheid en vroulikheid moet weerspieël en terselfdertyd eg bly tot wie ek is; eenvoudige elegansie. Ek was nog onseker oor die kleur toe ek my materiaal gaan koop het maar toe ek die materiaal sien, het ek dadelik geweet dit is liefde met die eerste oogopslag.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
LIEFDE in hoofletters want elke steek is met liefde gemaak.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die oggend van die oploop tot die matriekafskeid was vir my 'n baie spesiale tyd. My sussie het my grimering en hare gedoen en dit was vir my 'n kosbare ervaring om saam met my ma en sussie die oggend te kon deel. Dit is 'n herinnering wat ek altyd sal kan koester. Natuurlik was die fotosessie ook 'n groot bederf.
Planne vir na matriek
Ek gaan Intermediêre fase onderwys by Akademia studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Appelliefie
Datum van matriekafskeid
2025-10-17