Mighan van der Walt

Midstream College

Tuisdorp

Centurion

Skool

Midstream College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my eie rok ontwerp en Rihette van 39 Dresses het dit vir my gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is geinspireer deur my liefde vir die natuur en die sagte warmte van 'n sonsopkoms. Die liggeel satyn vang daardie goue lig vas, elegansie, sag, stylvol en stralend. Laat my herinner aan nuwe beginne en vreugde. Die bandjielose borsstuk met sagte plooie bring 'n tikkie romantiek, terwyl die beensnit vir 'n moderne vrye gevoel sorg - presies soos ek is. Met goue bekomstighede en natuurlike grimering wou ek 'n styl skep wat lig, elegant en eg voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek wou hê my rok moes my persoonlikheid weerspieël: eenvoudig, maar opvallend, klassiek met 'n tikkie avontuur - iets wat nie net mooi op foto's lyk nie, maar my laat glimlag van binne. Die sagte vloei van die materiaal en die subtiele glans in die son het presies daardie effek gehad. Hierdie rok laat my dink aan sonlig op my vel, wind in my hare en die rustigheid van die buitelug. Dit is nie net 'n stuk klere nie, dit is 'n viering van wie ek is, my liefde vir die wêreld buite vier mure en die stralende begin van die nuwe hoofstuk van my lewe.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele dag was vir my een groot hoogtepunt, maar die mooiste deel van my matriekafskeid was om dit saam met my 81 jarige ouma te beleef, 'n herinnering wat ek vir altyd sal koester.

Planne vir na matriek

Ek gaan Dieetkunde by Tygerberg Kampus studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Snoesig

Datum van matriekafskeid

2025-10-11

Like what you see?

Share on Social Media