Tanielle Jordaan.
tuisskool.
Tuisdorp
Hopefield
Skool
tuisskool.
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het dit self ontwerp en gemaak met die hulp van my ma en YouTube-video's.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het aspekte van rokke waarvan ek gehou het gekombineer om my droomrok te maak.Die rok moes iewers pers in gehad het, maar ek wou ook dat dit vonkel moes hê. Ek wou n rok he met meer poefagtige onderste deel vir n dramatiese opvlam terwyl dit steeds my boonste figuur komplementeer.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is 'n herinnering dat ek regtig enigiets kan doen waarop ek my instel en dit vul my altyd met trots.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Vier saam met my vriende en dat ek weet die einde van skool naby is.
Planne vir na matriek
Ek gaan 'n gapjaar neem om my voete te vind deur kursusse te doen oor dinge waaroor ek passievol is.(goed soos ontwerp, kuns,en drama.)
Gunsteling woord in Afrikaans
vaardighede
Datum van matriekafskeid
2025-09-10