Lana van Deventer
Hoërskool Fichardtpark
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Hartsnoere
What was your inspiration for your matric prom dress?
Ek hou van groen, want dit is die kleur van lewe, groei en balans. Groen is ook my gunstelingkleur omdat ek ’n groot liefde het vir hokkie en tennis - twee sportsoorte waarin ek oor die jare die meeste van my tyd deurgebring en ware vreugde gevind het. Die astro, waar ek soveel mooi herinneringe het, is ook groen.
My liefde vir groen het verdiep na ’n vakansie na die Tsitsikamma-woude, Knysna en Nature’s Valley. Terwyl ek tussen die groot bome gestaan het, oral omring deur groen, het ek geweet dis die mooiste prentjie ooit. Die vars reuk van die naaldbome en die sagte varings sal ek nooit vergeet nie. Daardie herinnering bly vir my immergroen.
Wanneer ek na my rok kyk, sien ek daardie prentjie weer voor my.
My rok is versier met silwer paillette wat soos takke uitvertak. My oorringe het soos blare gelyk en my oogskadu, naels en die Triumph Spitfire motor was ook groen. Selfs die sjampanje was groen terwyl my silwer skoene en wit blomme alles mooi met mekaar ingeskakel het.
Ek is ’n danser en hou daarvan as iets gemaklik sit. My rok het soos ’n droom aan my gesit. Met die gewaagde slit kon ek op die dansvloer vrylik beweeg. Ek wou mooi voel, maar bowenal gemaklik wees. En dit was ek.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My matriekafskeidrok beteken ongelooflik baie vir my, want ek kon voel dat tannie Annette dit met soveel liefde gemaak het. Dit was vir my ’n groot voorreg om dit vir my ouma en oupa te kon wys. My ouma het jare lank klere gemaak en dit was besonders om haar mening oor my rok te hoor.
Groen pas by my persoonlikheid en by my velkleur. Ek glo dat selfs wanneer dinge moeilik gaan in die lewe, daar altyd weer nuwe groei kan plaasvind. Alles kan weer groen word.
Date of matric farewell?
2025-10-03