Mia Horn
Hoërskool Hugenote
Tuisdorp
Springs
Skool
Hoërskool Hugenote
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my eie matriekafskeid rok ontwerp en tannie Jane Naudé het my idee lewe gegee. Sy maak al my klere vir jare en dis nie die eerste keer dat sy ń rok wat ek ontwerp het, gemaak het.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was geïnspireer deur natuur en feetjies. My einddoel was om soos ń fee prinses te lyk. Ek wou myself uitbeeld en soos die beste weergawe van myself in die rok wees.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok is my gunstelling kledings item en my was en ek wil hom net heeldag dra, al is dit net PicknPay toe. Ek voel so gelukkig en special as ek hom dra. En elke keer as ek die rok sien, word ek so gelukkig
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My sussie se verjaarsdag was die volgende dag, so ons het toe ek terugkom van die matriekafskeid, middernag koek en donuts geëet. Sy het ook persente oopgemaak en ons het vir haar gesing. Alles nogsteeds in my rok
Planne vir na matriek
Ek gaan by ToerBroers gaan studeer en hoop om eendag ń Wildlife rehabilitation wees.
Gunsteling woord in Afrikaans
Flaterwater
Datum van matriekafskeid
2025-10-03