Isèlle Gouws
Hugenote Hoërskool, Wellington
Tuisdorp
Clanwilliam
Skool
Hugenote Hoërskool, Wellington
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is spesiaal vir my ontwerp deur Roxanne Burger van Vredendal
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het n foto gesien van n soortgelyke rok in n ander kleur. Roxanne het dit aangepas om die regte kleur en ontwerp vir my te wees
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is vir my die simbool van jeug en ook van nuwe geleenthede wat om my wag
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die beste deel van die dag was toe my hele gesin saam met my reggemaak het en ook toe my pa my en my metgesel Owen na die venue toe gevat het. Ons het so lekker in die kar oppad gelag en grappegemaak
Planne vir na matriek
Ek besluit nog maar vir eers wil ek gaan au pair in Nederland
Gunsteling woord in Afrikaans
Tamaletjie
Datum van matriekafskeid
2025-10-02