Cara Smuts
Hoerskool Paarl Gimnasium
Tuisdorp
Paarl
Skool
Hoerskool Paarl Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok was gemaak deur Juanri Dutoit. Ek het na klomp verskillende ontwerpers gekyk, maar toe ek op haar afkom het ek geweet sy is die een wie ek wil he my rok moet maak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het eintlik glad nie geweet hoe ek wil he my rok moet lyk nie, maar ek het wel geweet ek het iets eenvoudig maar ook uniek gesoek. Ek het vir lank rond gespeel en gesoek, toe een dag toe ek en my vriendin gekyk het na moontlike rokke. Sy se toe vir my dat sy my rok gevind het, ek het ma bietjie getwyvel maar toe ek die rok sien het ek geweet daai is my rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is nie net materiaal en gare nie — dis iets wat vir my baie beteken. Dis soos ’n teken van daardie een aand waar alles moontlik gevoel het en ek kon net myself wees. Dit wys nie net hoe ek gelyk het nie, maar ook wie ek besig was om te word. Dis die einde van een hoofstuk en die begin van iets nuuts — ’n viering van wie ek is, my jeug, en daardie oomblik wat vir altyd in my geheue gaan bly.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Vir my was die hoogtepunt tussen 2 oomblikke. Die een was toe ek my rok op die dag aantrek met my skoene, makeup en hare wat gedoen is. Om te sien hoe na al die beplanning en reelings dit alles bymekaar gekom het. En die ander oomblik was toe ek en my metgesel by die trappe af kom en ek sien hoe my pa se oe traan. Ek dink voor daardie dag het ek my pa net al 1 keer gesien huil en dit het die oomblik soveel meer spesiaal gemaak.
Planne vir na matriek
EK gaan volgende jaar n gap-jaar vat, waar ek bietjie gaan toer en die wereld verken. Ek gaan ook internskappe by spraak fisiologie klinieke doen, omdat ek die jaar daarna by Stellenbosch of UCT Speach Pathology wil gaan studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sofapokkel
Datum van matriekafskeid
2025-10-03