Deany Booysen

H/s Wonderboom

Tuisdorp

Pretoria

Skool

H/s Wonderboom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Roedolf D Fashion Atelier

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets anders gehad het as wat almal altyd het.. dit het my lank gevat om n inspirasie rok te kry wat ek regtig van gehou het .. ek het toe op n rok af gekom wat ek baie van gehou het en die ontwerper van my rok gewys.. ons het toe saam die rok verander en uniek gemaak vir my.. ek wou spesiaal en uniek voel in my rok en die aand van my matriek afskeid en ek eerlik waar soos n prinses gevoel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is n beeld dat my skool loopbaan tot n einde kom en ek het nou my eerste stap in die volwasse wêreld getree.. my rok het my laat uniek voel en definitief volwasse. My rok wys al die jare se harde werk om te kom waar ek nou is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My rok het baie uit gestaan teenoor ander rokke. Ek het heelaand komplimente ontvang oor hoe mooi my rok uitgedraai het selfs oor die kleur . My rok is eintlik blou maar hy het n donker ondertoon so in donker lig lyk hy pers dit was ook n unieke eienskap van my rok wat niemand anders gehad het nie. Ek het baie mooi fotos saam my familie en vriende geneem so ons het baie herineringe van die wonderlike aand wat ek altyd sal onthou.

Planne vir na matriek

Ek is nog onseker oor wat ek moet doen vir die res van my lewe. Ek gaan n gap jaar vat en in kaapstad gaan bly en n program doen genaamd metamorph. Ek doen dit saam ander studente my ouderdom. Die program help jou om te groei as persoon en jou verhouding met die Here te bou die leiers help jou deur die proses en help jou om te vind wie jy is en waar jy inpas. Ons het n klas tot 2uur die middae en dan daarna werk jy of studeer. En dit gaan my leer om na myself te kyk.

Gunsteling woord in Afrikaans

Vlaterwater

Datum van matriekafskeid

2025-10-09

Like what you see?

Share on Social Media