Chloé-Jade Christian

Leeuwenhof Akademie

Tuisdorp

Vereeniging

Skool

Leeuwenhof Akademie

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my idees vir Nadene van New Romantics Couture gegee, en sy het magic gemaak en my droomrok ontwerp. Dit was ongelooflik om te sien hoe iets wat ek in my kop gehad het, werklikheid word. Ek kon my eie styl uitleef, en dit het my laat voel dat ek iets spesiaals geskep het wat net myne is.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor rooi, omdat dit vir my selfvertroue, passie en elegansie simboliseer. Ek wou iets hê wat stylvol, maar ook uniek is. Die rok het twee kante: die agterste gedeelte kan afgehaal word, wat dit van ’n pragtige balrok in ’n oomblik verander na ’n meer gesofistikeerde fluweelrok. Ek hou van ontwerpe wat nie net een styl het nie; iets wat my toelaat om tussen klassieke en moderne skoonheid te beweeg. Dit laat my mooi, selfversekerd en heeltemal gemaklik voel in wie ek is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok simboliseer vir my nie net ’n einde nie, maar ook ’n nuwe begin. Dit was die laaste groot geleentheid van hoërskool, maar ook die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe. My familie het my gehelp om hierdie droom waar te maak, en elke keer as ek aan die rok dink, onthou ek hoeveel hulle vir my beteken. Dit herinner my dat ek sterk is en dat ek altyd kan trots wees op hoe ver ek gekom het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Toe ek uitgestap het, mooi aangetrek en vol opwinding, het dit gevoel asof tyd net vir ’n oomblik gaan stilstaan. My ma se glimlag, my pa se trane en my maat se oë wat begin glinster het toe hy my sien, het alles so spesiaal gemaak. Daardie oomblik het ek besef hoe baie liefde om my is; dit was werklik die mooiste deel van die dag.

Planne vir na matriek

Ek sien uit daarna om verder te studeer, nuwe mense te ontmoet en meer oor myself te leer. Ek gaan naby genoeg aan die huis bly om steeds tyd saam met my familie te hê, maar ook die kans kry om op my eie te groei. En natuurlik gaan ek aanhou musiek maak en skryf, want dit is hoe ek my hart wys en my drome aan die lewe hou.

Gunsteling woord in Afrikaans

Padkos. Dis iets eenvoudigs, maar vol liefde. Dit laat my dink aan huis, familie en warmte.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media