Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Kosbaar
What was your inspiration for your matric prom dress?
My inspirasie kom van n visie wat ek gekry het toe ek Esekiel 16:13-14 gelees het.
Esekiel 16:13 “Jy het jou versier met goud en silwer, en jou rok was fyn linne en sy …
En jy was besonder mooi en voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het.”
Ek het dadelik begin skets. Na ek klaar geskets het, het ek geweet díe is die rok wat ek na my matriekafskeid wil dra; en ek het die vermoë om dit n realieteit te maak.
Die oomblik toe ek die rok aangetrek het, het dit beslis gevoel of ek koninklike waardigheid bereik het.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Die rok verteenwoordig die einde van n ongelooflike hoofstuk, en die begin van n nuwe seisoen.
My matriekafskeid rok is hoop, geloof en baie selfvertroue.
Ek het nog nooit so groot naaldwerkprojek aangevat nie. Die proses was ook nie altyd maklik nie. Ek wou n paar keer opgee en net n rok koop. Daar was ook tye waar ek vir ure lank steke moes los trek. In die einde van die dag kon ek my visie tot die lewe bring, omdat ek nie opgegee het nie. Die rok is vir my ekstra spesiaal omdat dit my eie skepping is. Die projek het vir my bewys dat ek waarlik enige iets kan doen.