Lenese Siebert
Jim Fouché
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Letterlik
What was your inspiration for your matric prom dress?
Ander meisies en hul ma's weet al jare voor die matriekafskeid hoe DIE rok moet lyk.
Mens kan maar sê ek was 'n bietjie agter in daardie kategorie. Dit was totdat my familie van ver af al wou sien hoe die rok lyk, terwyl ek nog nie eens 'n patroon gehad het nie. My tannie het vir my 'n rok gepos wat sy nie weer sou dra nie, met die gedagte dat ek dit kon dra - dan hoef ons nie een te laat maak nie. Ek het toe ander planne gehad: om die kant van daardie rok af te haal en 'n nuwe rok daaruit te maak.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My matriekafskeidrok beteken baie — maar ook niks — virmy.
My rok beteken baie vir my omdat dit volwassenheid, liefde, vreugde, vrede, getrouheid, omgee en vriendelikheid simboliseer. Dit is vir my die einde van 'n hoofstuk in my lewe; ek word nou groot. Hierdie waardes verteenwoordig ook hoe mense my hanteer het, en hoe ek ander hanteer het toe ek die rok gedra het.
Tog beteken die rok ook niks vir my nie, want dit is'n aardse voorwerp. In die Bybel staan daar in Matteus 6:19-21:
"Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
maar maak vir julle skatte in die hemel bymekaar ... want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees."
Dit herinner ons daaraan dat aardse goed tydelik is, en dat ons eerder moet fokus op hemelse skatte — die geestelike dinge wat ewig hou.
Date of matric farewell?
2025-10-10