Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Droom
What was your inspiration for your matric prom dress?
Toe ek klein was, het ek altyd van prinsesse gehou, nie net oor die mooi rokke nie, maar oor hoe hulle altyd met grasie, moed en sagtheid hul eie stories geskryf het. Hierdie rok is vir my innerlike kind wat ure lank sprokies gekyk het, haar eie kroontjie gemaak het, en geglo het dat sprokies regtig bestaan.
Ek wou iets skep wat soos daardie droom voel: koninklik, betowerd en sterk op dieselfde tyd. Daarom het ek ’n smaraggroen gekies: dit herinner my aan ’n geheime woud vol sagte lig en goud, ’n plek waar ’n prinses haar eie koninkryk ontdek.
Die goue borduurwerk en fyn kraletjies voel vir my soos vonke van daardie kinderdroom: klein herinneringe aan alles wat ek ooit wou wees: elegant, dapper, en met my eie stukkie “magic”. Die kroon was ook baie belangrik, nie omdat ek koningin van enigiets wil wees nie, maar omdat ek wou wys dat ek uiteindelik my eie storie besit.
Hierdie rok is dus nie net klere nie, dis ’n herinnering aan die meisie wat altyd in sprokies geglo het, en die vrou wat daardie geloof nou in haarself gevind het.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My matriekafskeidrok beteken vir my meer as net ’n mooi aand. Dit wys hoe ver ek gekom het. As kind het ek altyd van prinsesse gehou, en hierdie rok laat my voel soos daardie klein dogtertjie se droom wat waar geword het.
Date of matric farewell?
2025-10-11