Zankè Kok

Hoërskool Driehoek

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Mengelmoeskardoes

What was your inspiration for your matric prom dress?

My matriekafskeidrok is geïnspireer deur my gunsteling-Disneyfliek, Tangled. Ek was nog altyd mal oor die prinses Rapunzel – haar vrye gees, sagtheid en die manier waarop sy haar eie lig vind, het my nog van kleins af aangeraak. Ek het altyd geweet dat wanneer die dag aanbreek om my droomrok te ontwerp, daar geen twyfel sou wees oor my inspirasie nie. Die sagte kleure, blomme en sprokiesagtige styl van my rok weerspieël presies daardie wêreld van lig, drome en vryheid wat Tangled vir my simboliseer. Hierdie rok is dus nie net ’n kledingstuk nie, maar ’n herinnering aan my eie weergawe van ’n moderne sprokie.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Hierdie rok beteken vir my soveel meer as net ’n matriekafskeidrok, dit is ’n droom wat ek van kleins af gekoester het. Die Disney-fliek Tangled, het my nog altyd geinspireer en veral Rapunzel se vrygees en haar liefde vir kleur, lig en avontuur. Van jongs af het ek geweet ek wou eendag ’n rok dra wat daardie gevoel vasvang – sag, dromerig en vol lewe. Die blomdetail en sagte pastelkleure laat my dink aan haar wêreld van lanterns, vryheid en drome wat waar word. Hierdie rok is vir my ’n simbool van groei, hoop en die geloof dat jy jou eie sprokie kan leef, net soos Rapunzel haar eie pad gevind het.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media