Bailey Preston-Kruger

Hoërskool Kempton Park

Tuisdorp

Kempton Park

Skool

Hoërskool Kempton Park

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Oops a Daisy - Corinne Viljoen in Brakpan het my matriekafskeidsrok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou elegant en stylvol lyk maar ook natuurlik en nie soos 'n "poppie" lyk nie - die kleur van die rok het meer my aandag getrek as enige iets anders.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek kon daarmee met selfvertrou op my perd klim om fotos te neem saam met iets wat my passie is - perdry natuurlik!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van my matriekafskeid was dat ek na maande se soeke en navrae uiteindelik met 'n perd opdaag en so dan ook my passie wys aan al my skoolmaats

Planne vir na matriek

Ek wil in die buitelug en hopelik iewers op 'n perdeplaas gaan werk. Kinders leer om perd te ry en om na die perde om te sien. My hele lewe lank was ek perd mal en het net perde as my "poppe" gehad en het 'n hele seleksie van Schleck Perde oor die jare bymekaar gemaak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Oopse daisy!

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media