Anke van Wyk
Sekondêre Meisieskool Oranje
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Sekondêre Meisieskool Oranje
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Lara Louise Designs in Stellenbosch
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My styl is my handtekening van uniekheid. Juis om die rede het ek die uitsonderlike "leopard print" materiaal gekies. Hierdie unieke stukkie materiaal straal my sensualiteit en selfvertroue op 'n stylvolle manier uit. Die stukkie "leopard print" beeld my vroulikheid uit en daarmee saam ontmoet dit die diep rooi blomme met elegansie en so bietjie romanse. My ouma noem my haar "blommekind" en dit het my inspireer om iewers 'n oop blom op my mooi aand te kon hê. Hierdie blomme vertel ook die storie van my hart: warm, opreg en dapper.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is nie net iets wat ek gedra het nie. Dit is definitief 'n simbool van wie ek is - my persoonlikheid pronk behoorlik deur hierdie rok. Dit is ook my manier om aan mense te wys wie ek is sonder om 'n woord te sê.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My rok is in Stellenbosch gemaak en ek bly in Bloemfontein. Ek het nie vooraf vir "fittings" gegaan nie. Dit was natuurlik 'n uitdaging wa ek saam me die ontwerper, Lara Louise, vol vertroue, hoop en my droom aangepak het. Ek gaan nie doekies omdraai nie - die rok was nie pergek toe ek dit ontvang het nie. Ons moes baie benoud 'n paar aanpassings maak. Het ek ek paniekerig geraak? Ja, ek het met trane in my oë gedink dat hierdie "leopard print-rooi blomme-droomrok nie 'n werklikheid sal word nie...
Maar na die nodige aanpassings het my droomrok gepas. Ek kon myself wees en het soos 'n ware prinses gepronk in my droomrok.
Planne vir na matriek
Ek wil graag B-Com Internasionalehandel in Stellenbosch gaan studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
lieflik
Datum van matriekafskeid
2025-10-02