Renske Bosch

Bergsig Akademie

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Liefde!

What was your inspiration for your matric prom dress?

Ek wou graag 'n rok hê wat anders is, maar steeds sag en elegant voel vir my. Die mintgroen kleur het my hart gesteel , dit laat my dink aan vrede en kalmte, maar tog ook aan lewe en groei — en dit is iets waarmee ek baie identifiseer. Ek wou hê my rok moes wys wie ek as ń mens is, 'n emosionele en liefdevolle mens wat altyd probeer om lig te bring waar ek gaan, en ek wou hê my rok moes dit kon weerspieel. Die sagte vloei van die material en die delikate detail laat my voel soos myself: sag, maar sterk en vol lewe.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Vir my beteken my rok meer as net mooi wees vir een aand. Dis 'n herinnering aan groei-dit voel soos 'n stukkie van my storie,van hoe ek gegroei het deur die jare as persoon. Vanaf die klein dogtertjie tot die meisie wat ek is en die vrou wat ek besig is om te word. Toe ek hom die eerste keer aantrek, het ek sommer geweet dis nie net 'n rok vir my nie, maar dis iets wat my laat voel dat ek trots is op wie ek is en hoe ver ek gekom het in die lewe.En tog vertel dit ook iets van my hart-die rok laat my voel asof ek net kan wees wie ek is!

Date of matric farewell?

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media