Willinda Els
Pretoria-Noord
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Pretoria-Noord
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Bea Botes Creations
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het inspirasie gekry uit natuur en vryheid. Ek wou ’n rok hê wat uniek is, effens anders, en wat wys wie ek regtig is. Die elegante materiaal en natuurlike kleure laat my dink aan sonsondergange oor di blou waters, die silver pad wat die maan oor di see gooi in die nag die stilte, musiek en die reis wat voorlê na matriek
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
N nuwe begin waar di jong plaas meisie in haar kort broek vellies en hoe poniestert skielik uit stap in die wereld as n jong vrou. My rok beteken groei en alles wat mooi is daar buite.
My rok het my laat mooi voel, met selfvetroue, sterk en trots op myself. Dit het my herinner dat ek nie hoef te verander om spesiaal te wees nie ek is genoeg, uniek net soos ek is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek uiteindelik uit die motor gestap het en alles net reg gevoel het. Die ligte, musiek en mense het die oomblik perfek gemaak – dit was asof alles vir daardie paar sekondes net om my gedraai het. Ek het gevoel soos die hoofkarakter in my eie storie.
Planne vir na matriek
Ek gaan by Toerbroers Toerisme en Hotel bestuur studeer daarna is my planne om in Japan in hulle top hotel verder opleiding te kry en sodoende genoeg te spaar om eendag n hotel van my eie te he.
Gunsteling woord in Afrikaans
Afrikaans is so mooi taal daar is nie net een woord vir my ni
Datum van matriekafskeid
2025-10-17