Tuane weber

Hoërskool oos moot

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

bokkie

What was your inspiration for your matric prom dress?

Ek het jare en jare al gedink oor hoe my rok gaan lyk op my dag, hoe hy gaan pas op my en gaan hy reg wees vir my, ek wou hê die rok moes vir my praat en nie ek nie, ek wou uit staan, ek wou my persoonlikheid deur wys met die rok , die rok moes sê hier is Tuané vanaf ek in die hoërskool gekom het in graad 8 het ek omtrent elke dag gedroom oor die rok oor hoe by gaan lyk, en gaan ek warrie oor dom dinge of gaan alles net reg wees soos dit moet, hoe ons op die kleur gekom het was n ongeluk maar die beste ongeluk wat kon gebeur het ek wou oorspronklik champagne grgaan het maar met my eerste pas het die vrou met n wit rok in gekom , toe ek daai rok sien vir die eerste keer het ek in daai oomblik geweet dit was die een vir my

What was your favorite part of your matric prom dress?

dit beteken meer as wat ek kan in woorde sit vir ander was dit net n wit rok maar vir my was dit die hele wêreld gewees, toe ek die rok aantrek op my matriekafskeid het ek soos n vrou gevoel, ek het vir eens soos myself in klere gevoel ek het soos n engel gevoel in die oomblik, alles het op die regte plek gesit, niks was verkeerd nie met die rok nie alles was net reg gewees,vir my was dit nie net n wit rok wat soos n trou rok lyk nie want diep binne het ek die kleur vir my oumas gedoen, want ek het geweet dit kan die laaste keer wees wat hulle my kan sien in ñ wit rok voor my troudag eendag, ek wou dit vir hulle gee sodat hulle nogsteeds saam my wees op een van die grootse dae van my lewe, dit was nie net n rok vir my nie , dit was n tot weer sien, 5 jaar agter die rug wat ek totsiens gesê het en vir dit kon ek nie meer dankbaar wees nie

Date of matric farewell?

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media