Reveshni De Bruin
Hoërskool Piketberg
Tuisdorp
Piketberg
Skool
Hoërskool Piketberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Salomie Pieters,ń ontwerper van Piketberg het my rok gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Na die afloop van ń donker matriek jaar,vir myself ,wou ek skuil agter die diep,donker kleur van my rok.Swart.
Swart symboliseer nie net my innerlike emosies nie ,maar dit is die kleur wat my beskerm en gedra het.Ongeag die morbiede kleur wat almal sien ,het my rok my gesofistikeerd en elegant laat voel en lyk.Dit is die kleur wat my daardie ekstra selfvertroue gegee het om elke dag uit te gaan en om te wees wie ek is!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok gee my die betekenis van KRAG.Krag wat ek deur die loop van hierdie jaar elke liewe dag nodig gehad het.My rok gee my die krag om op te staan vir myself en nie om net te gaan lê nadat ń storm my getref het nie.My omstandighede is nie my skuld nie maar dit was en is steeds my verantwoordelikheid om dit beter te maak en te verander.Dit is my verantwoordelikheid om die krag wat ek voel te gebruik om my toekom te skets!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My jonger sussie.
Sy was die hoogtepunt van hierdie dag!Ons het bymekaar gestaan en mekaar ondersteun deur alles.Toe ek op wou gee was sy daar en die feit dat ek die voorreg gehad het om haar deel te hê ,van my groot dag ,het my heel laat voel.
Planne vir na matriek
Ek beoog om volgende jaar ,moontlik Arbeidsterapie te gaan studeer.Ek wil ander help om hul vermoë terug te wen wat verlore is.Ek wil ander help om weer op hul eie te kan funksioneer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Diversiteit.Hierdie woord beskryf die mens.Dit lig ons verskille uit,maar hierdie woord bind ons.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03