Yolanté Koekemoer
Hoërskool Bastion
Tuisdorp
Randfontein
Skool
Hoërskool Bastion
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my eie matriekafskeid rok ontwerp maar die rok is wel gemaak deur Alicia Oberholster. Sy is ń pragtige persoon en sag van geaard. Sy het ń groot talent om net ń paar idees bymekaar te sit en ń manier om jou asem weg te slaan met die eindproduk. Sy het ń groot passie vir dit wat sy doen en maak die mooiste rokke. Jy voel werklik die mooiste in haar werk!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was om regtig net my persoonlikheid te wys en iets anders daar buite te sit. Ek het self die lap van die rok gekies wat ń vuil sagte pienk is. Iets so uniek en asemrowend van die rok tot en met my grimering wat ek self gedoen het.Ek wou regtig mense se asems weg slaan deur die uniekheid van my rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dis ń herinnering van 12 jaar se skool gaan,lag,huil,nuwe vriende en vriendinne te ontmoet,jou eerste skool liefde en soveel meer.Dis nie net ń rok nie maar dis deel van ń storie,my storie.Dis om ń jaar af te sluit van goed en sleg.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van my matriekafskeid…wel daar is ń paar. Een van hulle was die oomblik toe ek uit die kar klim en die rooi tapyt voor my lê met vriende en familie wat skree en hande klap. Dit was ń oomblik waar ek besef het ek het dit gedoen en dis verby nou is daar ń nuwe deur wat oopgemaak word. Nog n hoogtepunt was om al my vriendinne te sien in hul pragtige rokke en te lag en te dans asof die aand aan ons behoort het. Ek het dit sowel ook saam iemand spandeer wat ń baie spesiaale plek in my hart het en dit was ook een van my hoogtepunte.
Planne vir na matriek
My droom is om verder te gaan leer in die skoonheid bedryf. Dis regtig ń groot passie van my. Ek wil vrouens en jong dames help om die beste weergawe van hul self te wees van velsorg,grimering,styl en nog meer. Ek wil op ń manier hul help om mooi te voel maar nie net van buite nie sowel as binne. Ń groter droom daarna is om eendag my eie boutique oop te maak.
Gunsteling woord in Afrikaans
My gunsteling woord om te sê in Afrikaans is YOH. Weet nie juis of dit Afrikaans is nie maar dit kan gebruik word vir verskeie emosies en situasies en dit is wat dit so lekker maak!
Datum van matriekafskeid
2025-10-13