Alizee Smith
Hoërskool Lichtenburg
Tuisdorp
Lichtenburg
Skool
Hoërskool Lichtenburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Mevrou Lana Cloete wat al vir 32 jaar rokke maak. Sy bly en werk in Lichtenburg, Noordwes. Lana’s creations.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd daarvan gedroom om in ’n sprokiesverhaal te leef en eendag my eie “happily ever after” in my prinsesrok te beleef. My rok verteenwoordig die fantasie en droomwêreld binne my — die deel van my wat altyd in ’n sprokie wou wees. Dit is presies hoe ek my prinsesrok nog altyd voorgestel het: die sagte pienk kleur weerspieël die opgewonde, dromerige dogtertjie wat steeds in my hart leef.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is die vervulling van die droom wat die dogtertjie in my hart nog altyd gekoester het. Dit is die begin van my eie sprokiesverhaal. Hierdie rok het my laat voel soos die prinses wat ek nog altyd wou wees. Dit is vir my ongelooflik spesiaal, want wat eens net ’n droom was, het nou ’n pragtige werklikheid geword.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Om by my matriekafskeid in te stap met my droom prinsesrok en die gevoel te hê dat al die oë op my is, was die oomblik toe my droom waar geword het.
Planne vir na matriek
Om by Potchefstroom Universiteit te gaan studeer en eendag my droom te kan uitleef om in Formula 1 te werk
Gunsteling woord in Afrikaans
Onophoudelik
Datum van matriekafskeid
2025-10-03