Zoë Ludick

Hoërskool DF Malan

Tuisdorp

Kuilsrivier

Skool

Hoërskool DF Malan

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het met my idea na Ilse Roux gegaan en saam het ons my rok geskep. Ilse is baie talentvol in wat sy doen wat jou deur die proses van jou rok maak net soveel gemakliker maak. Elke rok aanpassing saam met Ilse was iets om na uit te sien, nie net om jou rok te sien nie, maar om Ilse se ideas en opinies te hoor hoe om jou rok net meer asemrowend te maak. Ilse het deur die proses regtig gewys hoe baie die rokke vir haar beteken wat sy so ontwerp vir ons. Ilse het orals gesoek vir my spieëls tot ander provinsies. Selfs na weke se soek het Ilse nooit die moontlikheid van spieëltjies op my rok nie moontlik laat voel nie.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou gehad het dat my rok moes anders lyk van ander al is dit net om 'n paar honderd spieëltjies op te sit, want de verskil wat dit gemaak het is ongelooflik. My inspirasie was van die Barbie fliek: Princess Charm School waar die rok se bo kant 'n skynsel gegee het van glas of spieëltjies soos ek gebruik het. Die goue kleur het ek self besluit, want dit pas by my velkleur en lyk elegant met die skynsel van die spieëls.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is nie net my eerste aandrok wat ek besit nie, maar ek kon dit help skep. My rok is die simbool van die nuwe fase in my lewe waar 'n skool dogter 'n dame word en stap met vertroue my blink toekoms in.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die beste deel was toe my kêrel, Korne, my vergesel het na die matriekafskeid. Hy het sy rugby trui verruil vir 'n donkerblou aandpak en ons kon saam ons aand begin op die rooi tapyt. Ek kon my rok omskep in die perfekte "party dress" deur die satin aan my sy los te knoop en my sleep netjies teen my rok vas te hak. Ek het die aand saam met my vriende weg gedans met die spieëls wat die ligte weerkaats.

Planne vir na matriek

Ek gaan 'n brug jaar doen waar ek my liefde vir hokkie gaan deel deur jong kinders af te rig. 2027 beplan ek om Bedryfsielkunde te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

lekker

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media